Welkom by Blanc-de-Bous Werf!
Kabous Verwoed is 'n digter, swerwer, woord- en musiek mens.
Kabous skryf al vandat hy kan onthou gedigte. Sy werk is in gewone "straat Afrikaans" en gemik op die gewone Afrikaanse/Afrikaner/Afrikaan daarbuite.
Tans is Kabous saam met Dawie de Jager van die Afrikaanse groep Klopjag te sien in hulle vertoning genaamd Reiswoorde. Kabous dra van sy gedigte voor met Dawie wat die musikale verhoog daarvoor skep. Saam het hierdie twee reeds net oor die twintig vertonings gehad. Met baie goeie terugvoer van die publiek af. Alhoewel Kabous al voorheen daarvan beskuldig is dat hy kuns vir kunstenaars maak, vind die publiek tog aanklank by Reiswoorde.